Soekkot

Soekkot in die sinagoge, skildery deur Leopold Pilichowski, 1894/95
Gebed tydens Soekkot, skildery deur Paula Gans, 1920
Die Hakafot van die Sefardiese Jode tydens Soekkot in die Portugese sinagoge in Amsterdam (Picart, gravure, 1724)
'n Loofhut, Soeka genoem
'n Aantal Soekkot-dakke, vervaardig uit s'chach (סכך), d.w.s. "dinge wat van die grond groei" soos palms, bamboes of denneboom
Ornamente wat tydens Soekoet gebruik word
Jode bid tydens Soekkot aan die Westelike Muur in Jerusalem
Samaritane vier Soekkot op Berg Gerizim, Wesoewer

Soekkot of Sukkot (Hebreeus: סוכות of סֻכּוֹת, meervoud van soekka, "hut"; Jiddisj: sukkes of sikkes; letterlik: Huttefees), of die Fees van Insameling (חג האסיף, Chag Ha'asif), is 'n Joodse fees van sewe dae wat jaarliks op 15 Tisjrie gevier word. Volgens die Gregoriaanse kalender val dit tussen laat September en laat Oktober. Die fees herdenk die 40 jaar lange swerftog van die Israeliete (die voorouers van die Jode) in die Sinaiwoestyn, waartydens hulle in hutte en tente gebly het. Hierdie rondswerwery het na die uittog uit Egipte (wat met Pesach gevier word) plaasgevind. Ná die 40-jarige tydperk het hulle in die beloofde land ingetrek. Soekkot begin op 15 Tisjrie, vyf dae ná Jom Kippoer, en duur tot 21 Tisjrie, volgens die Joodse kalender. Saam met Pesach en Sjavuot is Soekkot een van die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים, sjalosj reghalim). Tydens die bestaan van die Tweede Tempel het die Jode na Jerusalem getrek om daar offerandes te bring.

Die voorskrifte vir Soekkot is in Wajikra/Levitikus 23,42-43 gedokumenteer:

Sewe dae lank moet julle in hutte woon, alle gebore Israeliete moet dan in hutte woon. Die doel daarmee is dat julle nageslag moet weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipte laat trek het. Ek is die Here julle God.[1][2]
  1. (af) "Levitikus 23,42". Bybel: Levitikus. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 9 April 2020. Sewe dae lank moet julle in hutte woon, alle gebore Israeliete moet dan in hutte woon.
  2. (af) "Levitikus 42,43". Bybel: Levitikus. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 9 April 2020. Die doel daarmee is dat julle nageslag moet weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipte laat trek het. Ek is die Here julle God."

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search